Fabriekspryse en die produksieprysindeks (PPI)
het volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA)_ gedurende Mei ‘n vyf-jaarhoogtepunt
met ‘n jaar-op-jaar styging van 7,4% bereik. Die faktore wat die grootste bydrae tot die
jaarliks inflasie maak, soos deur die PPI gemeet, was die toename in die prys
van kwik, petroleum, chemikalieë, rubber, plastiekprodukte, voedselprodukte,
drank, tabakprodukte, metaal, masjinerie, toerusting en rekenaartoerusting. Die prys van dié goedere het
gesamentlik met 17% toegeneem. Hoër
oliepryse het ook ‘n groot bydrae tot prysstygings gemaak.
Hierteenoor het voedselinflasie in Mei 7,3%
beloop. Die faktore wat dus die grootste bydrae tot inflasie gemaak het is nie
die tipiese kostekomponente wat stoorkostestygings bepaal nie. Toenames in die opbergingskoste van opbergers
het dus nie tot die kostestygings in voedsel bygedra nie.
Hou in gedagte dat die JSE die produksieprysindeks
gebruik om die jaarlikse styging in stoorkoste vir voorraad op JSE-silosertikate
mee aan te pas.
Die PPI, VPI
en ‘n stoorkoste-indeks vergelyk as volg;
Verbruikersprysindeks |
Produksieprysindeks |
Stoorkoste-indeks* |
Het betrekking op verbruikers se lewenskoste |
Het betrekking op firmas se produkpryse |
Het betrekking op graanstoor-insetkoste |
Mandjie bestaan uit verbruikersgoedere en
dienste |
Mandjie bestaan slegs uit goedere (geen
dienste nie) |
Mandjie bestaan slegs uit spesifieke
stoor-insetkoste items soos arbeid, instandhouding, depresiasie,
elektrisiteit ens. |
Kapitaal en intermediêre goedere word uitgesluit |
Kapitaal en intermediêre goedere word uitgesluit |
Kapitaal word ingesluit (deur
voorsiening vir depresiasie en rente) |
Pryse sluit BTW in |
Pryse sluit BTW uit |
Pryse sluit BTW uit |
Rentekoerse word in berekening gebring |
Rentekoerse word uitgesluit |
Rentekoerse word ingesluit |
Pryse van ingevoerede goedere word nie
uitdruklik aangedui nie |
Pryse van ingevoerde goedere word uitdruklik
aangedui |
Pryse van ingevoerde goedere het ‘n indirekte
impak (deur bv. toerusting en voertuie) |
Bronne:
Mohr en Fourie (2004) en Buro vir Ekonomiese Ondersoek (2021)
*Die PPI is soos die VPI
‘n uitsetkoste-indeks. Die PPI word by die “fabriekshek” gemeet waar produkte
aan die groothandel verkoop word terwyl die stoorkoste-indeks anders is, dit is
‘n unieke ‘n insetkoste-indeks.
Waarom sou die opbergingsektor ‘n indeks
ontwikkel indien daar reeds ekonomiese aanwysers is wat inflasie aandui soos
die produksieprysindeks?
· Die
PPI reflekteer nie die werklike styging of daling in stoorkoste nie. Indien die PPI oor ‘n sekere tydperk
aansienlik meer sou styg of daal as die werklike stoorkoste en die aanwysers
gebruik sou word om voorsiening te maak vir stygings in stoorkoste, gee dit nie
noodwendig die kostestyging deur wat op stoorkoste van toepassing is nie.
· Die
stoorkoste-indeks se styging kan waarskynlik vanjaar kleiner wees as die styging
in die produsenteprysindeks wat die JSE gebruik. Tog voeg dit steeds waarde toe omdat dit ‘n
ware weergawe is van die stoorkoste in die opbergingsektor.
· Die
mandjiekoste-items wat vanjaar die groot styging in die PPI veroorsaak het, het
min met stoorkoste en die opbergingsektor te doen. ‘n Indeks wat ‘n aanduiding gee van die
stoorkostestygings en wat van die PPI verskil is dus uiters relevant omdat dit meer
deursigtigheid vir beide die opberger en sy kliënte en produsente meebring.
· Met
die ontwikkeling en gebruik van ‘n insetkoste-indeks vir die opbergingsektor
het die sektor ‘n unieke norm wat potensiële
kostestygings aan kliënte bekend maak en ‘n goeie
verteenwoordigende syfer deurgee.
· Die
indeks is net ‘n aanduiding van stygings in stoorkoste en dit staan opbergers
en die JSE vry om steeds enige aanpassing in stoorkoste deur te gee. Hou egter ook in gedagte dat die indeks wat
ontwikkel word van toepassing is op JSE-stoortariewe omdat die opname van
stoorkoste net by opbergers wat as leweringspunte by die JSE geregistreer is,
gemaak word.
· Dit
bly ‘n goeie ekonomiese beginsel vir ‘n sektor om sy eie koste-indeks te hê.
Dit sou nie regverdig wees om byvoorbeeld ‘n styging in stoorkoste op die PPI
van 7,4% te baseer en dit so aan produsente deur te gee nie. Niemand, en veral nie produsente nie, sal
gemaklik wees om kostestygings te absorbeer wat op ‘n indeks gebaseer word met
koste-items wat weinig met stoorkoste te doen het.
· Wanneer
‘n opberger doeltreffender is en byvoorbeeld sy arbeid baie meer doeltreffende
bestuur of instandhoudingskoste kan verlaag, of alternatiewe energiebronne gebruik
en duur Eskomtariewe uitskakel, behoort die voordeel dan ook na die produsent
deurgegee te word in die persentasie wat gebruik word om stoorkoste jaarliks
mee aan te pas.
· Met
‘n objektiewe en onafhanklike bepaling van ‘n stoorkoste-indeks kan ‘n opberger
die stygings in sy opbergingskoste regverdig.
Die stoorkoste is dus nie net ‘n syfer wat uit die duim gesuig word en
jaarliks persentasiegewys op grond van die PPI aangepas word nie.
Met die ontwikkeling van ‘n stoorkoste-indeks
differensieer die opbergingsektor hulself van ander sektore om nie ekonomiese
aanwysers ongekwalifiseerd te gebruik nie.
Die opbergingsektor neem leiding met hierdie inisiatief. Dit gaan toenemend van ander sektore verwag
word om dieselfde te doen en hul eie indekse vir deursigtigheid te ontwikkel.
Agbiz Grain slaan die regte in om sodoende te demonstreer dat stygings in
stoorkoste meer deursigtig gaan wees.
Die indeks stel opbergers en produsente dus in staat
om ‘n ingeligte gesprek te voer oor die jaarlikse stygings in stoorkoste. Indien die JSE die stoorkoste-indeks ook sou
gebruik, sal die jaarlikse styging in die JSE-stoorkostes ook vir die hele mark
duidelik wees.
Wessel Lemmer, algemene bestuurder, Agbiz Grain
Jerry Maritz, besturende direkteur, AFGRI Grain Management
Nicolaas van der Wath, ekonoom, Buro vir Ekonomiese Ondersoek
0 COMMENTS
LEAVE A COMMENT